Grensloos i-Radio
Grensloos Page logo Radio
Pip – op Facebook
Winkel-Trollie
Installeer Firefox
 
Mozilla Firefox

Pip “Die Storie”

Inleiding

Pip en die Seisoene is saamgestel uit minimum 50 episodes en is die eerste van ‘n reeks verhale wat gaan volg.

Die verhaal van Pip is geskryf en verwerk in die styl van ‘n kinder-aksiedrama. Die luister-teikengroep is vanaf 6 jaar oud, maar die storie is op so manier geskryf en verwerk dat volwassenes dit ook boeiend sal vind en in afwagting sal wil volg.

Alhoewel die storie draai rondom ‘n perskepit en ‘n boer op ‘n plaas, sal luisteraars nie anders kan as om hulself met Pip en sy omstandighede te vereenselwig nie. Ja, hierdie is ‘n storie wat lynreg die waarhede, vrese en drome van die mens aanspreek – in die eenvoud en styl van ‘n kinder-aksiedrama.

Omdat hierdie ‘n storie is oor ‘n perskepit en diere waarmee hy mee te doen kry op sy lewensbaan, is potensiële probleemareas soos ras, taal en godsdiens, nie faktore wat enigiemand aanstoot kan gee nie. Die boer is ‘n boer – en wanneer die storie bv. in Afrikaans en Engels opgeneem word, neem karakters die taalgroepe se eienskappe aan. By enige ander taal, soos bv. Zulu, Xhosa of watter taalgroep ookal, neem die storie outomaties vorm aan, rondom die spesifieke kultuur en identiteit; sonder dat enige karakter enigsins aangepas hoef te word.

Opsomming oor die verhaal

Die verhaal gaan oor ‘n Perskepit en sy vriende op ‘n boer se plaas en speel af in verskillende seisoene (Herfs, Winter, Lente en Somer).
Kom lag en huil saam met Pip op die ontdekkingstog van sy lewe. Die stories is vol hartseer, blydskap en baie verrassings.

Ontmoet ook sy maatjies; Verrassing die Mier, Mollie die Mol, Brutus die Speurdershond (polisiehond), Oupa Uil, Stuifie die bytjie, die ongeskikte Doringkie, die nare ou SsSslang en natuurlik die eienaar van die plaas, die goeie boer, Boer-Jan.

Die rolverdeling/akteurs in die verhaal

Die oorspronklike skrywer van verhaal: Pieter Lourens
Verwerk en gedramatiseer vir radio: Francois van Heyningen
Verteller & Pip: Pieter Lourens
Boer-Jan: Johann Myburgh
Verrassing die mier & SsSlang: Stefan Janse van Rensburg
Mollie Mol: Veronique van Heyningen
Brutus (die Speurdershond): Marius Dippenaar
Doringkie: Charle van Heyningen
Oupa Uil: Francois van Heyningen
Stuifie die Bytjie: Daleen Fritz
Opnames gedoen in die ateljee van: The Marketing Project (in Kaapstad)
Klankingenieur (stemme) & post-produksie: Pieter Lourens
Klankingenieur (finale meng): Johann Pieterse (in Johanesburg)
Musiek verwerkings en komposisie “Pip (tema) Lied”: Pieter Lourens
Grafiese ontwerp en webwerf ontwikkeling: Pieter Lourens
Direksie: Francois van Heyningen
Produksie: Pip Edutainment Trust