Bestel Pip Produkte
Christen Bordspel
Boek en Bybelstudie
Bestel Pip CD’s
Verhale op USB stafie
Pip – op Facebook
Winkel-Trollie
Who's Online
2 visitors online now
1 guests, 1 bots, 0 members

Skrywers


• Die Skrywer (oorspronklike prosa-verhaal – Pip en die Seisoene): Pieter Lourens

Pieter Lourens:

Is getroud met CHERYL. Hulle het een dogter, LINDY en is woonagtig in die Strand in die Westelike Provinsie van Suid Afrika.

Pieter, tans sanger/musikant en bestuurder van sy eie bemarkingskonsultasie -onderneming, was onder andere ‘n hoërskool-onderwyser (graad 8-12) en het vir bykans 7 jaar vir die Nasionale uitsaaier (SAUK/SABC) gewerk, waar hy onderandere betrokke was met die vervaardiging van radio- en televisie -programmatuur.

Hy is vir die afgelope 20 jaar aktief betrokke in die sakewêreld, asook vervaardiging van verskeie radioprogramme en video-produksies.
 
 
 
• Verwerk, aangepas en in dialoogvorm gedramatiseer vir radio en CD: Francois van Heyningen.

Francois van Heyningen:

Is getroud met die bekende sopraan, LUCILLE ACKERMAN en woonagting in Somerset-Wes, in die Westelike Provinsie van Suid Afrika. Saam het hulle 7 kinders waarvan een, ‘n dogter VERONIQUE uit hulle huwelik gebore is.

Francois, ‘n gegradueerde (met hoofvakke wat o.a. Geskiedenis, Musiekgeskiedenis, Kerkgeskiedenis en Kommunikasiekunde insluit) is onder andere ook professionele sanger en gesoute akteur met ‘n skrywersloopbaan wat lees soos ‘n boek. . .

Nie net was hy betrokke by Radio as Omroeper-regisseur vir langer as veertig jaar nie, maar ook bestuurder by Springbokradio se drama-departement. Hy het tot op datum ongeveer 12 radioverhale met ‘n totaal van 1800 episodes geskryf waarvan onder andere die gewilde “AGENT NUL-DUBBEL-NUL-AG”, “HUIS VERGEET-MY-NIE”, en “KRINGLOOP VAN DIE LEWE” . Daar het ook ‘n geestelike boek “HOE OM SUKSESVOL TE LEWE” uit sy pen verskyn, wat uitgegee is deur Lux Verbi.

Francois vertolk verder een van die hoofkarakters in rolprentverhale soos “DIE BANNELING”, “ONGEWENSDE VREEMDELING” en “DR. KALIE”, asook die hoofrol in die TV-oorklankingsdrama “DIE MEISIE VAN AVIGNON” – die rol van FRANCOIS FONSALET.

Bogenoemde dra alles daartoe by dat Francois vandag bekend is as een van Suid-Afrika se mees ervare radio-persoonlikhede –as Omroeper-regisseur, akteur, skrywer en verwerker.