OORSIG:
Die verhaal van Pip is geskryf en verwerk in die styl van ‘n kinder-aksiedrama. Die luister-teikengroep is vanaf 6 jaar oud, maar die storie is op so manier geskryf en verwerk dat volwassenes dit ook boeiend sal vind en in afwagting sal wil volg. Daarom word hierdie verhaal deur opvoedkundige sielkundiges bestempel as die eerste werklike gesinsverhaal in Afrikaans.
Dis n absoluut-unieke verhaal oor ‘n perskepit en ‘n boer op ‘n plaas, en luisteraars kan nie anders as om hulself met Pip en sy omstandighede te vereenselwig nie. Ja, hierdie is ‘n verhaal wat lynreg die waarhede, vrese en drome van die mens aanspreek – in die eenvoud en styl van ‘n kinder-aksiedrama.
Omdat hierdie ‘n verhaal is oor ‘n perskepit en diere waarmee hy op sy lewensbaan in aanraking kom, is potensiële robleem-areas soos ras, taal en godsdiens, nie faktore wat enigiemand aanstoot kan gee nie. Die boer is ‘n „boer“ – en wanneer die storie bv. in Afrikaans en Engels opgeneem word, neem karakters die taalgroepe se eienskappe aan. By enige ander taal, soos bv. Zulu, Xhosa of watter taalgroep ookal, neem die storie outomaties vorm aan, rondom die spesifieke kultuur en identiteit; sonder dat enige karakter enigsinds aangepas behoort te word.
Ons doelwit is om deur hierdie verhaal die volgende te bereik:
• Vermaak – geskik vir kinders vanaf die ouderdom van 6 tot ( insluitend) volwassenes;
• Opvoedkundig – Alle karakters is vooraf nagevors om seker te maak dat die feite met lewenswerklikhede en karakterisering ooreenstem;
• Inligting oor spesifieke onderwerpe (soos bv. die bestaan en funksionering van sekere diere, plante en die klimaat) word feitelik weergegee;
• Moraliteit – Morele aangeleenthede soos o.a. omgee vir ander, goeie maniere, hulpvaardigheid, empatie, geduld en verdraagsaamheid, is alles deel van die pakket en word deurgaans in die storielyn verweef op ‘n prakties-sinvolle wyse.
Wat ons ten alle koste wou vermy, is dat hierdie verhaal soos nog ‘n skoolles sou klink en daarom is dit doelgerig geskryf as ‘n opvoedkundige op vermaaklike wyse. Die eenvoudige skryfstyl bevat elke moontlike emosie – humor, patos, hartseer, vreugde – om dit eg en outentiek te laat oorkom.
RADIO-DRAMA:
Voor die verskyning van televisie was die Radio die belangrikste medium vir vermaak. Musiek, drama en dokumentere programme is aangewend om mense te vermaak, in te lig en op te voed. Met die aanvang van televisie, is die Radio as medium egter al hoe meer verwaarloos en op die agtergrond geskuif.
Opvoedkundiges is dit egter eens dat die Radio, in teenstelling met televisie, van veel meer opvoedkundige waarde vir kinders is. Dit word toegeskryf aan die feit dat Radio kinders op so ‘n manier stimuleer dat hulle hul eie verbeelding moet en kan gebruik. Deur middel van die sogenaamde “Teater van die Verbeelding”, gebruik kinders dit wat hulle hoor, om te vorm, te skep, in te kleur en te beleef. Deur op hierdie manier gestimuleer te word, dra daartoe by dat kinders (in teenstelling met suiwer visuele prikkeling) baie meer kreatief en vrydenkend is.
Die uitdaging met televisie en die internet is juis dat kind of volwassene nie meer nodig het om vir hulself te dink nie – dit word namens en vir hulle gedoen.
Dit is verder algemeen bekend dat mense wêreldwyd meer toegang tot radio het as televisie, veral in die minder gegoede gemeenskappe.
DOELWIT:
Ons visie en doelwit is om deur middel van opvoedkundige radiovermaak, te verseker dat goeie, opbouende beginsels en morele waardes aan die hele gesin oorgedra sal word.