Bestel Pip Produkte
Christen Bordspel
Boek en Bybelstudie
Bestel Pip CD’s
Verhale op USB stafie
Pip – op Facebook
Winkel-Trollie
Who's Online
1 visitors online now
0 guests, 1 bots, 0 members

Visie

Die Visie & Pip Edutainment Trust

Pip Edutainment Trust se doelstelling is om vermaaklikheidsmateriaal met hoë morele standaarde en beginsels, te skep. Ons streef daarna om vir kinders vermaak te bied, wat terselfdertyd opvoedkundig van aard is (sonder om te klink soos skool).

Die materiaal word te koop aangebied, maar ons doelwit is verder om in minder gegoede gemeenskappe (alle tale en rasse) en waar nodig , dit gratis te kan verskaf.

Dit is dan om dié rede dat ons vir persone/maatskappye (wat hulle met hierdie saak kan identifiseer) vra om finansiële bydraes te maak, om ons in staat te stel om met die projekte te kan voortgaan en ook verder te kan ontwikkel.

Vir meer inligting, of om uit te vind hoe u winkel van die produkte kan bekom, kontak ons gerus.